|
Elize Parker is 'n omgewingsjoernalis en bekende skrywer. Haar mees onlangse werke sluit in 'n inspirerende reeks romans bekend as die Laeveld-drieluik, Stil vloei die Komati, Wanneer skaduwees kantel en Waar die doringbome sing, en die toewydingsgids, Awaiting the Harvest, uitgegee deur LUCA. Sy was 'n kolomskrywer vir Huisgenoot-tydskrif en verbonde aan nuusspanne van Laevelder-koerant en Bulletin Radio-nuusagentskap. Elize is ma van twee volwasse dogters, sy woon in Pretoria en werk as joernalis wanneer sy nie skryf nie.
|