Anja is 'n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy weens 'n bedrogspul sonder heenkome of geld op 'n kusdorp beland, bied oom Ernst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het bymotiewe.
Bets Smith skryf liefdesverhale, omdat sy in gelukkige eindes glo. Sy woon in die Suid-Kaap waar die muse haar gereeld besoek met inspirasie wat sy graag met haar lesers deel.