Ná 'n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in die Arabiese woestyn. Hulle kom ook agter hulle het duisende jare terug in tyd gereis, en bevind hulle in die jaar van Jesus se geboorte ...
Frenette van Wyk skryf graag sprokies met die soort gelukkige ein-des waarin sy heimlik wil glo. Sy is 'n trotse ouma en woon in Pretoria saam met haar man. Haar verhale bied vir haar net soveel ontvlugting en avontuur as vir haar lesers.