|
Frenette van Wyk is 'n romantikus en idealis, en skryf liefdesverhale met gelukkige eindes - Verhale wat grens aan die sprokiesagtige, maar waarna elke vrou tog verlang. Verhale wat lesers in liefde en in die mooi en die goeie van die lewe kan laat glo. Frenette hou van uitdagings en glo enigiets is moontlik. Daarom skryf sy ook romantiese fantasie.
|