|
Susanna M. Lingua is op 10 November 1921 in Oos-Londen gebore. Nadat sy haar aan die Universiteit van Stellenbosch as maatskaplike werker bekwaam het, is sy in 1948 met Guiseppe Lingua getroud. Drie kinders is uit die huwelik gebore. Dié gewilde skrywer het reeds op sestien begin skryf, maar haar loopbaan as skrywer het eers in 1952 in alle erns begin toe haar eerste romanse gepubliseer is. Ná haar dood, bekoor haar romantiese liefdesverhale, wat dikwels op eksotiese, verafgeleë plekke afspeel, lesers steeds.
|